storiewinkel

ruah

 

Ruah - koester jouself

Ruah  -  is om asem te haal, om te leef, om te ruik. Essensiële olies stimuleer hierdie kragtige sintuig. Dit is bekend dat die geure wat ons ruik of ervaar 'n groot invloed het op hoe ons voel. Reuke word ervaar deur die fyn haartjies in die neus (cilia) en dan vervoer tot by die limbiek-sisteem, dié gedeelte van die brein wat ons gevoelens, emosies, herinnering en ons vermoë om te leer, beheer.

Essensiële olies bestaan uit komplekse mengsels van natuurlike aromatiese komponente wat geëkstraheer word uit plantmateriaal. Hierdie komponente is bekend vir hulle anti-inflammatoriese eienskappe. Maar die geheim bly steeds, om voordeel te trek uit die olies, moet dit gemaak word van natuurlike organiese plantmateriaal en ongelukkig is hierdie kwaliteit olie baie skaars.

As vervaardigers van essensiële olies stel ons kwaliteit eerder as kwantiteit hoog op prys en so ondersteun ons ook plaaslike boere op die gebied!

Die Ruah-reeks is baie uniek in die sin dat dit Afrikaans is!