Welkom by Ruah
Plaaslik, organies verboude kruie, gedistilleer tot geurige essensiële olies vir die vervaardiging van lyfsorgprodukte eie aan Suid Afrika. Kom beleef “Afrikaan” – wees, skep ’n bietjie Ruah (asem) en wees gekoester.
Laat die geur jou ademtog vergesel
Breathe the essence
Go tsaja moja
Ons Storie
Die verhaal van Ruah begin met die eerste lavandula- (laventel) en roosmarynoes wat vroeg in 2007 ryp op die lande van Kasselhoft Landgoed staan. Dit is die verwesenliking van ’n jare lange droom,om kruie, wat op eie bodem verbou is, te distilleer tot essensiële olies eie aan Suid-Afrika
Ons boer met kruie
Ruah beteken asem en vir baie kliënte wat al deel van die Ruah familie geword het, bied die bekende drie-kruiereeks ’n lafenis, asemskep en koestering.