ONS KRUIE
LAVANDULA X INTERMEDIA
GEMENG MET BOTANIESE GEURE: WILDEVY EN SUURLEMOEN
- Dit het baie kalmerende eienskappe
- Help vir slapeloosheid
- Lavandula het teen virale eienskappe
- Bevorder selgroei
- Help vir brandwonde en verlig sonbrand
- Dit verlig hartkloppings en sinus – sit ’n paar druppels suiwer Lavandula olie op ’n snesie en asem dit in
Lavandula, wildevy en suurlemoen
Hierdie unieke reeks beweeg effens weg van die tradisionele kombinasie van Lavandula met blomgeure. Groen vye blare wat kraak tussen jou vingers en die sproei van ’n vars uitgedrukte suurlemoen ontlok herinneringe van ʼn ongekompliseerde “plaaslewe”. Lavandula daarby gevoeg bied dan die rustige element wat die prentjie voltooi.


ROSMARINUS OFFICINALIS
GEMENG MET BOTANIESE GEURE: AKASIA
Roosmaryn is ’n immergroen struik waarvan die olie ’n vars en meer delikate kanfergeur bied. Voordele van die olie is dat dit konsentrasie bevorder en sommige studies wys selfs dat dit breinveroudering teenwerk.
- Dit is ’n stimulerende invryf middel vir artritis
- Word gebruik as ’n haartonikum wat groei aanwakker en kleur herstel
- Verhoog bloedvloei na bepaalde area
- Anti-inflammatories
- Pynstillend
- Insekwerend
Roosmaryn en akasia
Man en vrou sal aanklank vind by hierdie vars en skoon geur. Hiermee bring Ruah hulde aan haar direkte omgewing waar baie verskillende spesies akasiabome groei. Eenkeer per jaar, net na die somer reën, word die bos besprinkel met geel akasia klokkies wat ’n heerlike sagte soet geur versprei. Akasia gemeng met Roosmaryn sal jou verras en jou ontvoer na ’n plek waar Afrika se sonsak jou gaan bederf.
PELARGONIUM GRAVEOLENS
GEMENG MET BOTANIESE GEURE: BERGAMOT EN TIEMIE
Roosmalva bied verligting vir senupyn en is ʼn wonderlike velsorgmiddel, doeltreffend vir alle veltipes. Die olie het ʼn besonderse blomgeur met ʼn kalmerende effek.
- Dit help om die liggaam van gifstowwe te reinig
- Bied verligting vir senupyn
- Gee jou bloedsomloop ’n hupstoot
- Balanseer vetterige afskeiding van die vel
- Hou die vel soepel
- Dit is ’n goeie reiniger en verlewendig bleek vel
Roosmalva, bergamot en tiemie
Hierdie is die sagste van die drie geure en dit is veral die Roosmalva se kombinasie van sitrus- en roosgeure wat ʼn sagte, warm aroma bied. Ruah het hierdie roosgeur gekomplimenteer met tone van bergamot en tiemie sodat jou lyf soetkens bederf kan word.

my vingers skryf ’n gedig van ’n leeftyd saam met jou oor jou in jou om jou
soos ek genade skep uit hierdie pot
smelt die ek-wees en verrys die jou-wees binne my