Skip to content

PLAASWINKEL

Net soos die pragtige omgewing waarin die kruie verbou word, bied die Ruah plaaswinkel plattelandse sjarme met handgemaakte detail wat jou ’n rukkie laat stil staan om dit te waardeer en te beleef. Kom geniet dus ’n lekker koppie koffie en snuffel deur die besonderse reeks lyf-, geskenk- en huisreeks produkte. Die verpakking is eg Suid-Afrikaans en volwaardig Afrikaans. Met juwele uit die digkuns van DJ Opperman, Eugene Marais en Trudi Kasselman self, word daar op die verpakking met woorde gespeel om ’n tikkie humor en nostalgie te bied.

Die Ruah plaaswinkel is op die N12 tussen Klerksdorp en Wolmaransstad. Draai by die Bona Bona Game Lodge bord af en weer links om die winkel te besoek.

BESOEK RUAH

So lyk ’n oggend by RUAH:

Met aankoms gaan Trudi of Rina vir jul so bietjie meer oor RUAH en haar herkoms vertel. Ons bedien tee/koffie en elkeen kan smul aan ons lavenderbeskuitjies.

Kyk, op kleinskaal, hoe ons essensiële olie distilleer. Wandel in die Roosmaryn- en Lavenderlandjie, waar jy die mooiste foto’s kan neem. Besigtig ons stoomdistilleerder, fabriek en vertoonwinkel waar die dames produkte kan aankoop. Bogenoemde is gratis, ons vra net dat dames die plaaswinkel ondersteun.

MENG JOU EIE GEURLIKE OLIE

Ruah bied ook die volgende aktiwiteite aan:

  1. Meng jou eie haartonikum – R125 per persoon
  2.  Meng jou eie spinnekop-aartjie room – R175 per persoon
  3.  Meng jou eie geurlike lyfolie – R250 per persoon

Maksimum 8 persone kan akkomodeer word. Ons bedien ‘n heerlike cuppaccino en lavandula koekie daarby.

Vir meer inligting of om te bespreek, kontak ons gerus by 060 528 4525. Vir ligte middagetes kan Bona Bona Game Lodge gekontak word by 018 451 1188.

KINDERPARTYTJIES

Wat is dan nou lekkerder as om lekker bederf te word op jou verjaarsdag? Nooi jou maatjies en kom:

  • Geniet ’n heerlike voetmassering met Ruah produkte
  • Maak julle eie badsout
  • Leer om ’n steggie te maak en neem jou plantjie huis toe
  • Neem “selfies” saam met jou maats in die lavandula- en roosmarynlande

Ruah bedien ’n heerlike vars vrugtesap en lavender-koekie, maar Mamma is verantwoordelik vir die eetgoedjies soos die koek en southappies en ekstra koeldranke. ’n Tafel met wit tafeldoek word verskaf, maar jy kan dit kom versier om by die tema van jou partytjie te pas. Die koste beloop R150 per kind (maksimum 7 maats). Kaartfasiliteite is op die perseel beskikbaar of betaling kan per EFT gedoen word. Besprekings met getalle moet vyf werksdae voor die partytjie gedoen word.

BESPREEK JOU RUAH ERVARING

Francina Jacobs, Persoonlike Assistent

Beskikbaar van 8uur tot 1uur
Tel: 060 528 4525
Epos: hulp@ruah.co.za

’n skuilplek sag uitgeveer met liefde net genoeg vir elke dag
hier drink ons koppies tee ekstra soet wanneer ons die dag
se lag uitruil en sterk wanneer ons wil-wil huil

hier lê jy jou teerheid bloot
kan ek my hawe in jou woord
my hoop anker in jou glo